Wednesday 28 June 2017

Suiwelvrye dadel-en-rysmelk-skommeldrankie



Suiwelvrye dadel-en-rysmelk-skommeldrankie
GENOEG VIR 2 MENSE

Bestanddele
hand vol dadels in lemoensap geweek...
hand vol Kellogg’s All-Bran Flakes of Special K
hand vol gevlokte amandels
2 bevrore piesangs
250 ml (1 k) rys- of amandelmelk
mentblare (ekstra vir garnering)

Metode

1. Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.

2. Giet in ’n glas en garneer met mentblare.