Wednesday 28 June 2017

Melktert-pasteie



Melktert-pasteie
genoeg vir 8 pasteie
...
• 375 ml melk
• 62,5 ml water
• 2 eiers
• 185 g (220 ml) strooisuiker

• 1 ml vanieljepoeier
• 30 g (62,5 ml) mielieblom (maizena)
• 2,5 ml fyn kaneel
• 2 x 400 g-blaardeeg
• 1 geklitste eier
• strooisuiker
• fyn kaneel

Maak eers die vulsel. Gooi melk en water in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Hou warm. Klits eiers, strooisuiker, vanielje, mielieblom en kaneel saam tot lig en romerig. Voeg warm melk by eiermengsel en klits goed. Gooi terug in kastrol en plaas op lae hitte. Roer aanhoudend met ’n ballonklitser tot vlavulsel soos pap lyk. Skep uit in ’n mengbak en plaas ’n stuk kleefplastiek direk bo-op – dit keer dat ’n vel bo-op vorm. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Verhit oond tot 180 °C en maak dan die pasteie. Plaas ’n kleinbordjie bo-op die 2 velle deeg en sny 8 sirkels uit. Smeer die rande van elke sirkel met geklitste eier. Skep vulsel aan die een kant van elke sirkel. Vou toe sodat dit soos ’n halfmaan lyk. Druk rande stewig vas en plaas vir so 20 minute in yskas voor jy dit bak. Haal uit en smeer geklitste eier bo-op. Sprinkel strooisuiker oor en plaas in oond. Bak 30 – 35 minute tot goudbruin en bros. Haal uit oond en sprinkel bietjie kaneel oor. Laat afkoel tot kamertemperatuur.