Friday 9 June 2017

Rencia Pretorius se Botter Pekaneut Koek



Ek het die resep op die Internet gekry, dit gebak, en dit is regtig lekker. Probeer dit gerus !!

Botter pekaneut koek

2 Kop gekapte pekaneute...
1 ¼ kop botter (kamertemperatuur)
2 kop suiker
4 eiers
1 kop melk
3 kop koekmeel
2 tl vanilje geursel
2tl baklpoeier
½ tl sout

Oond 180C
Neem ¼ kop botter en neute en gooi dit op ‘n bakplaat
Bak die neute vir ongeveer 20 min tot gaar - roer af en toe
Laat afkoel.
Haal ¼ kop neute uit vir versiering
Strooi bietjie koekmeel oor die ander neute – net genoeg om die neute te “coat” (dit verhoed dat jou neute na onder sak tydens die bakproses)

Metode:
Klits 1 kop botter en suiker goed
Voeg eiers by en klits tot lig en sponsig
Voeg die vanilje by
Voeg koppie/bietjies gewys die meel, sout, bakpoeier en melk by
Meng tot gladde mengsel
Meng die neute by
Bak in 2 of 3 ronde koekpanne wat gesmeer is met spray and cook vir ongeveer 35 na 45 min (die oorspronklike resep se 3 panne maar ek dink 2 sal die ding doen.
Ek het myne in my Buntpan gebak vir ongeveer 50min maar het agtergekom die koek was effentjies op die kante droog.

Laat afkoel, smeer appelkoos, aarbei konfyt of versiersel tussen die lae en versier met botterversiersel of versiersel na smaak.
Ek het 'n botterversiersel gemaak van botter, versiersuiker en suurlemoensap.

Versier met orige neute wat eenkant gehou is.