Friday 9 June 2017

Peri-peri-lamslewerhappies



Tuis - Peri-peri-lamslewerhappies

Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute...

• 600 g lamslewer, skoongemaak, in happiegroot blokkies
• 250 ml sider
• 30 ml olyfolie
• 1 rooi soetrissie, gekap
• 1 duim vars gemmer, fyngekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 250 ml jasmynrys
• 15 ml borrie
• 500 ml aftreksel
• 125 ml ertjies
• 10–15 ml peri-peri-speserye
• sowat 250 ml broodkrummels
• 125 ml meel
• 2 eiers, geklits
• 200 g kersietamaties, gekap
• olie vir vlakbraai

1. Week die lewer in die sider terwyl jy die rys gaarmaak. Verhit die olie in ’n pan en braai die soetrissie, gemmer en knoffel tot glansend. Voeg die rys by en braai tot die korrels begin bruin word. Roer die borrie en aftreksel by en stoom tot gaar (sowat 20 minute); roer die ertjies vir die laaste 5 minute by.

2. Dreineer die lewer en druk droog. Geur met sout en peper. Meng die peri-peri en die krummels saam. Rol nou die lewer in die meel, dan in die eier en laastens in die krummels tot bedek. Vlakbraai in 1 cm olie in ’n pan tot bros en goudbruin. Beheer die hitte sodat die lewer net-net deurgaar en die buitekant bros is.

3. Geur die rys met sout en peper, pak die tamaties op en sit voor saam met die lewerhappies. Sriracha-rissiesous is ’n lekker byvoeging.