Friday 9 June 2017

Pannekoek



Pannekoek - Sarie
(sowat 10 pannekoeke)
240 g (430 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout...
2 eiers
250 ml melk
250 ml water
12,5 ml suurlemoensap
25 ml sonneblomolie en nog om pannekoeke in te braai

Sif droë bestanddele saam in ‘n mengbak. Klits eiers tot lig en voeg melk, water, suurlemoensap en olie by. Meng goed. Maak ‘n holte in die middel van droë bestanddele en voeg die vloeistof by. Meng en klits goed tot daar geen klonte is nie. Maak die bak met ‘n lap toe en laat staan vir sowat 30 minute. Verhit sonneblomolie in ‘n kleefvrye pan. Gooi van die olie af en vee die pan uit met kombuispapier. Skep met ‘n groot lepel van die beslag in pan en wikkel die pan rond sodat die beslag die pan se bodem bedek. Sodra borreltjies bo-op die pannekoek vorm, kan jy die pannekoek omdraai. Plaas ‘n groot bord op ‘n kastrol met kookwater om die pannekoeke warm te hou. Sit die gebraaide pannekoek op die bord en besprinkel met kaneelsuiker. Sit ‘n deksel
bo-op die pannekoek en braai die res van die beslag. Rol pannekoek op soos jy dit voorsit.

Kaneelsuiker
200 g (250 ml) suiker
15 ml fyn kaneel

Meng goed