Wednesday 14 June 2017

Lemoenkoekies



Lemoenkoekies

Bestanddele:...

250 g botter
250 ml (1 k.) suiker
60 ml (¼ k.) sonneblomolie
15 ml (1 e.) lemoengeursel

1 eier, geklits
5 ml (1 t.) fyn gedroogde nartjieskil
4 x 250 ml (500 g) koekmeel
5 ml (1 t.) bakpoeier
’n Knippie sout
Pienk cachous-lekkers vir ­versiering

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.

2. Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die olie, lemoengeursel en eier by die bottermengsel en meng goed.

3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng die nartjieskil deur. Meng die botter-en-oliemengsel met die droë bestanddele tot ’n deeg en rol dit egalig op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Gebruik ’n deegwieletjie om patrone op die deeg te trek.

4. Druk die koekies met ’n ronde koekiedrukker uit en rangskik dit op die voorbereide bakplaat. Versier elke koekie met een cachous-lekker en bak vir 15-20 minute. Laat die koekies effens op die bakplaat afkoel, ver­wyder dit en plaas dit op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel.