Thursday 22 June 2017

Karringmelk-vetkoek met kerriemaalvleis



Karringmelk-vetkoek met kerriemaalvleis
genoeg vir 4-6

Maalvleisvulsel
...
• 15 ml Westfalia-avokado-olie in knoffelgeur
• 500 g beesmaalvleis
• 1 ui, fyngekap
• 2 wortels, gerasper
• 30 ml gerasperde vars gemmer
• 15 ml kerriespeserymengsel
• 20 ml fyn komyn
• 2,5 ml fyn borrie
• 1 kerrieblaar
• 2 appels, gerasper
• 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
• 1 x 50 g-sakkie tamatiepasta
• 125 ml rooibostee
• 60 ml fyngekapte Italiaanse pietersielie
• sout en peper

Karringmelk-vetkoek

• 750 ml koekmeel
• 25 ml bakpoeier
• ’n knippie sout
• 3 eiers, geklits
• 250 ml karringmelk
• 250 ml water
• 45 ml gewone Westfalia-avokado-olie, vir braai

Guacamole

• 1 x 200 g-houer gewone Westfalia-guacamole
• 15 ml suurlemoensap
• 10 ml Westfalia-avokado-olie in lemoen- of rissiegeur
• 2 sprietuie, gekap
• 1 klein brandrissie, gekap
• 45 ml gekapte vars koljanderblare, om voor te sit

Maalvleis

Verhit die olie in ’n groot pan en braai die maalvleis bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die ui, wortel en gemmer in dieselfde pan tot die groente sag is. Voeg die speserye by en braai nog ’n minuut. Voeg die maalvleis saam met die res van die bestanddele by en geur na smaak. Verlaag die hitte, sit ’n deksel op en prut vir 20 minute, tot die maalvleis gaar is en die sous verdik.

Karringmelk-vetkoek

Plaas al die droë bestanddele in ’n groot bak. Klop die res van die bestanddele (buiten die olie) saam en roer geleidelik by die droë bestanddele. Die beslag moet glad wees, maar wees versigtig om dit te veel te meng. Verhit ’n dun lagie olie in ’n groot pan en braai ’n lepel vol van die beslag in die olie, tot gaar en alkant bruin. Herhaal die proses met die oorblywende beslag.

Guacamole

Meng al die bestanddele saam en geur na smaak. Skep die warm maalvleis in die vetkoeke en sit voor met guacamole en gekapte koljanderblare.