Friday 9 June 2017

Gebakte lamstjops



Tuis - Gebakte lamstjops
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
...
• 8 lamstjops (nie te vetterig nie)
• 15 ml olyfolie
• 4 preie, gekap
• 1 wortel, gekap
• 250 ml basmatirys
• 1 x 400 g-blik ratatouille
• sowat 350 ml aftreksel

Geur die tjops met sout en peper en braai dit vetkant eerste tot goudbruin. Skep dit uit en braai die groente in dieselfde pan tot glansend. Roer die rys by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die ratatouille en aftreksel by en skep die mengsel in ’n oondbak. Pak die tjops bo-op, bedek die bak met foelie en bak dit vir 25 minute in ’n voorverhitte oond tot die rys gaar is.

10 minute ekstra Maak ’n formidabele slaai om saam met dié huiskos te geniet; gebruik kruie uit jou tuin.