Friday 9 June 2017

EKSAMEN CRUNCHIES



EKSAMEN CRUNCHIES

1 koppie (125 g) koekmeelblom
1 koppie (125 g) semelryke meel (nutty wheat)
2½ koppies (250 g) hawermout...
1 koppie (200 g) bruinsuiker
1 koppie (80 g) klapper
knippie kaneel
1 teelepel (5 ml) koeksoda
1½ koppies (100 g) gemengde neute en droë vrugte
300 g botter
3 eetlepels (50 ml) heuning

METODE:
Verhit die oond tot 180°C.
Spuit ‘n bakplaat (± 23 x 35 cm) met kleefwerende sproei.
Voeg al die droë bestanddele saam in ‘n groot mengbak.
Plaas die botter en heuning in ‘n kastrol en smelt oor ‘n lae hitte
Meng deeglik deur die droë bestanddele en keer uit op die bakplaat.
Druk die mengsel styf in die bakplaat vas en bak vir 15 - 20 minute of tot goudbruin.
Haal uit en oond en laat afkoel.
Sny in vierkante.
Bedien vir ‘n vinnige ontbyt of eksamen-knaaghappie