Thursday 15 June 2017

Eier-smulhappies



Heleen Meyer se Ontbyt Idee:
Eier-smulhappies
Lewer 6 – 8 porsies
...
6 Nulaid ekstra-groot eiers
125 ml (½ k) suuroom
sout en peper
150 g kersietamaties, gehalveer
100 g mozzarellakaas, in blokkies gesny
45 ml (3e) basiliekruidpesto
handvol vars basiliekruidblare
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n oondpan of -bak met GLAD Bake and Cooking Paper uit.
2. Klits helfte van die eiers met die suuroom tot ‘n gladde mengsel. Klits die res van die eiers by en geur na smaak met sout en peper.
3. Plaas tamaties en kaas in die oondbak. Giet die eiermengsel oor en skep lepelsvol pesto bo-op. Bak vir 20-25 minute of tot net gestol en goudbruin. Moenie dit oorgaar maak nie, dan stoot die eiers al die vog uit.
4. Laat afkoel en sny in blokkies of sit dit warm voor as dit dadelik geëet gaan word. Sit voor met vars basiliekruidblare en nog pesto.