Friday 26 May 2017

Wors-en-aspersie-quiche-resep



Wors-en-aspersie-quiche-resep
Kors
■ 75 g sagte botter
■ 1 eier
■ Hand vol gerasperde, beleë cheddarkaas
■ 250 ml koekmeel
■ 2 ml bakpoeier
■ 1 ml elk sout, rooipeper en paprika
Vulsel
■ Ongeveer 500 g dun lamswors, opgerol en liggies gaargemaak
■ 1 ui, gekap
■ Olyfolie
■ Skeut balsamiese asyn
■ 1 wiel fetakaas, grof gekrummel (of 180 ml gerasperde cheddarkaas)
■ Ongeveer 12 groen aspersies
■ 3 ekstragroot eiers
■ 250 ml room
■ Sout en vars gemaalde swartpeper
Kors:
Verwerk ál die bestanddele saam tot ’n stywe, maar hanteerbare deeg. Druk die deeg in ’n gesmeerde losboomtertbord van 24 cm vas. Verkoel vir minstens 2 uur of oornag.
Vulsel:
Voorverhit die oond tot 180°C. As die wors in ’n pan gaargemaak is, braai die ui in dieselfde pan tot sag. Braai andersins die ui in ’n bietjie olyfolie in ’n pan tot sag. Voeg ’n skeut balsamiese asyn by, kook deur en laat effens afkoel.
Sit die liggaar worsspiraal in die voorbereide kors. Skep die uie oor en versprei egalig. Sprinkel die kaas oor en rangskik die aspersies in ’n mooi patroon bo-op. Klits die eiers en room saam en geur met sout en peper.
Giet die eiervla oor die vulsel en laat dit goed tussen die vulselbestanddele deurloop. Bak vir ongeveer 40 minute tot goudbruin en gestol. Laat effens afkoel en sit voor met slaai. Lewer 8 porsies.