Tuesday 16 May 2017

Sjokolade-lawa-muffins



Sjokolade-lawa-muffins
Genoeg vir 12 muffins
Tyd: 35 minute plus verkoeltyd
BESTANDDELE...
125 g botter
300 g donkersjokolade, gekap

4 eiergele
180 ml strooisuiker
10 ml vanieljegeursel
180 ml fyn amandels
4 eierwitte
2 klein Bar-One-stafies, grofgekap
dik room, vir opdiening
METODE
1. Smeer ’n muffinpan met 12 holtes.
2. Smelt die botter en donkersjokolade oor lae hitte vir 3 minute en roer gereeld. Laat effens afkoel.
3. Klits die eiergele, 125 ml van die strooisuiker en die vanieljegeursel saam met ’n elektriese klitser tot ligkleurig. Voeg die warm sjokolademengsel en fyn amandels by die eiermengsel. Vou liggies in.
4. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en voeg die oorblywende suiker by, 15 ml op ’n slag. Vou dit by die sjokolademengsel in.
5. Maak die muffinholtes halfpad vol met die mengsel en plaas ’n stukkie Bar-One bo-op elkeen. Vul met die oorblywende beslag. Bedek met kleefplastiek en verkoel vir ’n uur.
6. Stel die oond op 200 °C. Haal die pan uit die yskas en bak vir 15-20 minute tot die bokant styf is. Laat 5 minute afkoel voor dit uit die pan gehaal word. Sit voor met skeppies dik room.