Thursday 18 May 2017

Maklike gesondheidsbeskuit



Maklike gesondheidsbeskuit
LEWER 36-40
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30-35 min.
Droog: 3-4 uur of oornag...

800 ml (3¼ k) bruismeel
180 ml (¾ k) bruinsuiker
5 ml (1 t) bakpoeier
500 ml (2 k) semels
125 ml (½ k) hawermout
125 ml (½ k) klapper
125 ml (½ k) sonneblomsaad
180 ml (¾ k) rosyne of korente
250 ml (1 k) gewone jogurt
1 eier
250 g botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n pan van 29 x 20 cm.

Sif die meel, bruinsuiker en bakpoeier saam in ’n groot mengbak.
Voeg die semels en oorblywende droë bestanddele by en meng liggies deur die meel.
Klits die jogurt en eier saam en giet stadig by die gesmelte botter in terwyl jy klits.
Giet die jogurtmengsel by die droë bestanddele en meng goed tot ’n klewerige deeg vorm. Skep die mengsel in die bereide pan en bak ’n halfuur of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Wanneer gaar, verwyder uit die pan en laat afkoel. Sny in blokkies en plaas dit op ’n draadrak. Voorverhit die oond tot 90 °C. Rangskik die beskuit op groot bakplate en droog 3-4 uur of verkieslik oornag.