Friday, 26 May 2017

Hotelpoeding



Hotelpoeding

4 bekertjie posies
140 g koekmeel (250 ml)...
30 ml botter
250 ml melk
7 ml koeksoda

2 eiers - geklits
250 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml asyn of suurlemoensap

METODE:

Verhit oond tot 180 ° C.

Sit koekmeel in mengbak en voeg botter by.

Vry botter in koekmeel tot dit soos broodkrummels lyk.

Meng melk en koeksoda saam.

Maak holte in middel van meelmengsel en voeg melkmengsel en res van bestanddele by.

Meng goed tot deeg vorm.

Skep deeg in vier emaljebekers wat met kleefwerende kossproei gespuit is.

Plaas bekertjies op bakplaat en dan in oond.

Bak sowat 45 minute – toets met dun pennetjie om seker te maak dis gaar.

SOUS

250 ml room
200 g suiker (250 ml)
1 eier - geklits

Meng alles en gooi oor gebakte nagereg nadat dit behoorlik afgekoel het.

Bak verder in matige oond vir 10 - 20 minute totdat sous begin dik word.
Sit warm voor

No comments:

Post a Comment