Thursday 18 May 2017

Hondebeskuitjie-resep



Hondebeskuitjie-resep
500 g Hoenderlewers
1 Ui (Fyn gekap.)
1 Desertlepel knoffel (fyn gekap.)
4 Koppies Jungle oats...
2 Koppies mieliemeel
2 Koppies semels (bran.)
2 Koppies koekmeel
1 Eetlepel olyfolie

Metode:

Kap die hoenderlewers, ui en knoffel tot dit ‘n pasta vorm. ‘n Voedselverwerker of handmenger kan ook gebruik word. Voeg dan die res van die bestanddele by en knie totdat dit ‘n deeg vorm. As dit te droog is kan jy ‘n klein bietjie water byvoeg. Die deeg kan dan net soos beskuit gebak en gedroog word. Ek het egter balletjies gevorm en dit met die hand platgedruk en toe in ‘n oond teen 180 grade Celsius gebak.

(Raadpleeg jou veearts voordat jy vir jou troeteldier iets voer. Sommige diere het verskillende allergie. Knoffel en uie veral in oormaat kan negatief wees vir jou troetel se gesondheid wees.)

http://sjefsnoekie.co.za/verna-se-hondebeskuitjie-resep/