Friday 7 April 2017

Oondgebakte Franse roosterbrood



Oondgebakte Franse roosterbrood

Al wat jy nodig het is…...

1 ciabatta brood
4 ekstragroot eiers
1 koppie melk

4E room (opsioneel)
1 koppie gerasperde kwaliteit parmesaan-kaas
sout
growwe swartpeper
knippie rooipeper
houertjie kersietamaties
1E olyfolie

Sny die brood en rangskik snye in ’n oondvaste bak. Strooi twee derdes van die kaas tussen die snye. Klits die eiers, melk, room, ’n stewige knip sout (so kwart teelepel) en ’n gesonde draai swartpeper saam. Gooi oor die brood. Bedek met die orige kaas en sprinkel ’n knippie of twee rooipeper oor. Bak teen 200 grade Celsius tot goudbruin en deurgraar (m.a.w. geen loperige mengsel nie – dit vat so 15 minute). Sit die roosterelement aan vir die laaste minuut of wat. ’n Goudbruin kors buite en kaserige soufflé tekstuur binne, wat kan dan nou beter?

Gooi die olyfolie oor die tamaties en bak terselfdertyd in ’n vlak roosterpan. Bedien dadelik.