Friday 7 April 2017

GEWEEFDE HARTKOEKIES



BASIESE KOEKIEDEEG

Lewer sowat 24 koekies, afhangend van die grootte
Bereidingstyd: 30 minute, plus rustyd
Baktyd: 10–15 minute per plaat...
Oondtemperatuur: 180 °C

• 250 g botter, sag
• 130 g (250 ml) Huletts Icing Sugar, gesif
• 1 eier, geskei
• 2 ml vanieljegeursel
• 375 g (670 ml) koekmeel, gesif

1. Klits die botter en versiersuiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiergeel en vanieljegeursel by en meng goed. Voeg die meel by en meng tot ’n sagte, kniebare deeg. As die mengsel te droog voel, meng die eierwit bietjie vir bietjie by tot dit die regte tekstuur het. Vorm dit in ’n plat sirkel, bedek met kleefplastiek en laat rus vir 10 minute in die yskas.

2. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en druk vorms van jou keuse uit. Sit die koekies op gesmeerde bakplate en bak in ’n voorverhitte oond vir sowat 10–15 minute tot effens verkleur. Laat die koekies op ’n draadrak afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

GEWEEFDE HARTKOEKIES

• 1 hoeveelheid basiese koekiedeeg
• nog ’n mengsel koekiedeeg, maar vervang die Huletts Icing Sugar met Huletts Chocolate Flavoured Icing Sugar

1. Rol albei stukke deeg sowat 5 mm dik uit. Gebruik nou ’n liniaal om die vanielje- en sjokoladedeeg in 1,5 cm-repe te sny. Wenk Werk op bakpapier; dis makliker om te hanteer.

2. Verweef die twee kleure in ’n latwerk-patroon. Doen dit in sarsies om te keer dat die deeg te sag raak.

3. Sny hartvorms uit en bak vir sowat 15 minute per bakplaat in ’n voorverhitte oond teen 180 °C of tot effens verkleur. Laat heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.