Friday 7 April 2017

Murgpampoentjiekoekies




Murgpampoentjiekoekies

Genoeg vir: 6 koekies...
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

• 4 groot murgpampoentjies

• 5 ml sout of na smaak
• 50 ml grasuie, gekap
• 2 ekstra groot eiers, geklits
• 250 ml bruismeel
• olie

1 Rasper die murgpampoentjies grof en meng dit met die sout. Laat staan vir sowat 10 minute. Skep die gerasperde murgpampoentjies in ’n stuk kaasdoek en druk al die vog uit. Proe en geur met sout en peper na smaak. Meng met die grasuie, eier en bruismeel.

2 Skep groot lepels van die mengsel in warm olie in ’n dikboompan en braai dit oor matige hitte tot bros aan albei kante. Sit voor met geposjeerde eiers, suurroom en ’n suurlemoenwiggie. Brosgebraaide spek is ’n opsionele ekstra.

Wenk Pak die gebraaide koekies op ’n bakplaat en hou dit warm in die oond vir nog sowat 10 minute nadat dit gebraai is, om te verseker dis deurgaar.