Friday 7 April 2017

Broodbakkies Ontbyt



Broodbakkies Ontbyt

6 snye brood gebotter, sny korsies af
6 eiers
1 pakkie spek gesnipper (of probeer enige ander vleis)...
Kaas gerasper
Pietersielie gesnipper
Sout en swartpeper na smaak

Sit die gesmeerde broodjies met die botterkant na onder in 'n kolwyntjie pannetjie dat dit 'n nessie maak. Breek 'n eier in elke nessie en sprinkel sout en peper na smaak oor. Volgende kom jou keuse van vleis, kaas en pietersielie.

Bak dit op 180 C vir so 15 tot 20 min.

Heerlike ontbyt in 'n kits