Friday 7 April 2017

Alles-in-een-ontbyt



Alles-in-een-ontbyt
Genoeg vir 6-8

30 ml (2 e) olyfolie
1 kg boerewors...
1 groot ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
150 ml witwyn
’n hand vol rosatamaties, middeldeur gesny
1 x 410 g-blik witbone
1 x 410 g-blik Italiaanse tamaties
6 groot bruin sampioene
6 eiers
’n hand vol basiliekruidblare
’n hand vol orego

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Smeer die wors met ’n bietjie olie en rooster vir sowat 10 min. in die oond tot amper gaar.
2 Voeg die ui, knoffel en witwyn by die wors en skraap die vleissappe met ’n spaan los. Rooster vir 5-7 min. tot die ui sag is. Voeg die tamaties, geblikte tamaties en bone by.
3 Sit die sampioene bo-op en verhit tot die sous borrelend warm is.
4 Maak met die agterkant van ’n lepel holtes in die warm sous. Breek elke eier in ’n koppie en skink een vir een versigtig in die holtes. Sit terug in die oond en bak tot die eierwit ondeursigtig is en die geel sag.
5 Strooi basiliekruid en orego oor en sit warm voor met baie roosterbrood.

WENK Vervang die blik Italiaanse tamaties deur Mexikaanse tamaties as jy van ’n bietjie byt in jou ontbyt hou.