Tuesday 7 March 2017

Tradisionele melktert




Tradisionele melktert
Genoeg vir: 2 melkterte
Oondtemperatuur: 180 °C
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 30 minute
...
KORS
• 250 ml koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• knippie sout
• 60 ml botter by kamertemperatuur
• 60 ml suiker
• 1 eier
• 30 ml melk
VULSEL
• 1,5 liter melk
• 60 ml botter
• 4 eiers, geskei
• 200 ml suiker
• 100 ml koekmeel
• 150 ml mielieblom
• knippie sout
• kaneel
1 Berei die kors Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
2 Klits die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eier by en klits verder tot ingemeng.
3 Voeg dan die droë bestanddele hierby en klits tot gemeng.
4 Klits net genoeg melk by om ’n smeerbare deeg te verkry en verdeel dit tussen twee gesmeerde tertbakke (elk 23 cm). Smeer die deeg oor die bodem en teen die rande (dit hoef nie dikgesmeer te wees nie).
5 Berei die vulsel Voorverhit die oond. Verhit 1,3 liter melk saam met die botter in ’n kastrol tot welpunt (net-net onder kookpunt).
6 Klits die eiergele en suiker tot lig, sif die meel en mielieblom en voeg dit saam met die oorblywende 200 ml melk by. Voeg die sout by en klits tot glad.
7 Voeg die warm melk by die eiermengsel en giet alles terug in die kastrol. Roer oor lae hitte totdat dit verdik en glad is (gebruik ’n draadklitser).
8 Klits die eierwitte styf en vou dit by die vla in met ’n groot metaallepel. Giet die vla in die voorbereide korse en bak dit vir sowat 30 minute. Sif ’n bietjie kaneel oor en sit die tert louwarm voor.