Tuesday 7 March 2017

Melktert



Melktert
Genoeg vir: 8 porsies
Bereidingstyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 220 °C
Baktyd: 30 minute
...
• 400 g skilferdeeg
• 1 eier, geklits saam met ’n bietjie melk vir verglansing
MELKVULSEL
• 400 ml melk
• 200 ml room
• 1 stuk pypkaneel, in stukke gebreek
• 60 ml koekmeel
• 60 ml suiker
• 30 g botter
• 2 eiers
• 3-4 druppels amandelgeursel
• 30 ml suiker gemeng met 2,5 ml fyn kaneel
1. Sny ’n strook deeg so breed soos die rand van die blikbord waarin jy die melktert gaan bak. Verf die blikbord se rand met water en plaas dan die strook skilferdeeg daarop om die rand te bedek. Verf lasplekke met geklopte eierwit en druk vas.
2. Rol die skilferdeeg effens uit en sny ’n sirkel daaruit wat groot genoeg is om die tertbord uit te voer. Druk die deeg in die bord vas en verkoel.
3. Prik die deeg met ’n vurk en verf die deegrand met die eier-en-melkmengsel – dit gee ’n mooi bruin glans. Bak sowat 15 minute blind in ’n voorverhitte oond. Verwyder die bone en bakpapier en plaas nog 5 minute terug in die oond.
4. Verhit die melk, room en pypkaneel saam tot net onder kookpunt. Bedek en laat sowat 30–60 minute staan om te trek. Verhit weer tot kookpunt en syg deur. Meng die meel en suiker in ’n mengbak en klop die kokende melkmengsel daarby met ’n draadklitser.
5. Giet alles terug in die kastrol en laat sowat 5 minute oor matige hitte prut terwyl jy aanhoudend roer. Verwyder van die plaat en roer die botter by. Klop die eiers een-een by en geur laastens met die amandelgeursel.
6. Skep die melkvulsel in die blindgebakte kors en bak dit in ’n voorverhitte oond vir sowat 30 minute of tot opgepof en goudbruin. Strooi kaneelsuiker oor sodra die melktert uit die oond kom en laat afkoel tot louwarm voordat jy dit voorsit.