Friday 24 March 2017

Ontbyt Molshope



Ontbyt Molshope
Bestanddele:

1 bol supermark-brooddeeg, wit of bruin
Frikkadelletjies gemaak van enige geurige worsievleis (hoender/ bees/ vark) uit die dermpie gedruk , ongeveer eiergrootte gevorm...
Willow Creek geur-olie van jou keuse
250 ml room
2 k gerasperde Cheddarkaas

Metode:

Berei ‘n ronde oondvaste pan voor met Willow Creek geurolie.
Braai frikkadelletjies bruin in geurolie of gewone olyfolie. Trek ‘n stukkie van die deeg af, maak ongeveer ‘n handpalmgrootte plat ronde skyf en vou dan rondom ‘n frikkadel. Pak die bolle lossies teen mekaar in die pan. Gooi die room bo-oor en laastens die kaas. Bak vir 25 minute by 190 grade Celsius.