Tuesday 7 March 2017

Melktert met broskorsbasis



Melktert met broskorsbasis
Genoeg vir 6
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 40 min.
...
KORS
400 g broskorskoekies
200 g botter, gesmelt
VULSEL
1 liter (4 k) melk
375 ml (1½ k) strooisuiker
2,5 ml (½ k) vanieljegeursel
1 kaneelstok
125 ml (½ k) meel
60 ml (¼ k) mieliemeelblom
10 ml (2 t) vlapoeier
’n knippie sout
3 eiers, geskei
80 ml (⅓ k) water
60 g botter
10 ml (2 t) fyn kaneel
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n losboomkoekpan.
1.Kors Meng die koekies in ’n verwerker tot fyn krummels, voeg die botter by en meng tot die krummels goed bedek is. Voer die pan uit met die koekiekrummels en bak 5 min.
2.Vulsel Verhit die melk, helfte van die strooisuiker, vanielje en kaneelstok in ’n diep kastrol tot warm, maar nie kokend nie. Sif die droë bestanddele in ’n groot mengbak.
3.Klits die eiergele, water en oorblywende strooisuker in ’n ander mengbak tot bleek en lig. Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel, voeg die melkmengsel by die eier-en-meel-mengsel en klits tot glad.
4.Gooi die mengsel terug in die kastrol oor matige hitte. Voeg die botter by en roer tot dik. Haal die kaneelstok uit en klits dan die eierwitte in tot sagte punte vorm.
5.Vou die vla in die kors in en bak 30 min. of tot gaar in die middel. Bestuif met kaneel voor jy dit voorsit.