Tuesday 7 March 2017

Melktert-croissant



Melktert-croissant
Al wat jy nodig het is…
Hierde vulsel is genoeg vir agt mini croissante....
halwe koppie suiker
halwe koppie koekmeel
2 groot eiers
2 koppies melk
1 hoogvol eetlepel botter

knippie sout
amandel-essens
kaneel
versiersuiker
Meng die meel en suiker, voeg die eiers by en klits tot gemeng en glad. Voeg melk geleidelik by en klits deurgaans. Geur met ’n knippie sout. Sit melkmengsel in ’n dikboom kastrol op ’n medium-lae hitte. Snipper die botter in. Roer aanhoudend tot die mengsel dik is en meel goed uitgekook is (dit vat so tien minute). Voeg ’n paar druppels amandel-essens by (wees versigtig en proe liefs voor jy te veel bygooi.) Verwyder van die hitte en laat afkoel tot kamertemperatuur.
Bak die mini croissante volgens die instruksies op die pakkie. Sny hulle oop en smeer mildelik met die melktert vulsel. Sif kaneel oor die croissante (ek hou van baie) en net ’n titsel versiersuiker vir die mooi