Jodetert uit Oos-Europa
Kors
◾250 g (270 ml) sagte botter
◾300 g (535 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
◾240 g (285 ml) strooisuiker...
◾10 ml bakpoeier
◾1 ml sout
◾2 eiers, geklits

Vulsel
◾80 g (140 ml) koekmeel
◾250 g (295 ml) strooisuiker
◾4 eiergele
◾5 ml vanieljegeursel
◾1 000 ml melk
Kors Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, meel, suiker, bakpoeier en sout in voedselverwerker en pols op hoë spoed tot gemeng. Voeg eier by terwyl menger loop en meng tot bestanddele ’n deegbal vorm. Plaas vir 20 minute in yskas. Verdeel deeg in 7 ewe groot porsies. Spuit 8 velle bakpapier goed met kleefwerende kossproei. Plaas een deegbal op ’n vel papier en besprinkel goed met meel. Plaas nog bakpapier bo-op en rol uit tot 5 mm dik. Verwyder boonste papier en plaas op bakplaat. Bak vir 8 – 10 minute of tot goudbruin. Herhaal met res van deeg.
Vulsel Klits meel, suiker, eiergele en vanielje saam in mengbak. Bring melk
tot kookpunt en gooi oor eiergeelmengsel terwyl jy roer. Gooi mengsel
terug in pot en roer met draadklitser oor lae hitte tot mengsel verdik soos witsous. Laat kook vir 5 minute tot gaar. Plaas kleefplastiek direk op gaar mengsel en laat afkoel tot koud.
Verwyder plastiek en skep mengsel in spuitsak met 1 cm-tuit. Plaas eerste koekie-sirkel op bord, spuit vulsel in spiraal oor en plaas tweede sirkel boop. Herhaal tot al die sirkels en vulsel op is. Sif versiersuiker oor en sit voor.