Tuesday 21 February 2017

Vetkoek met Soet Kerriemaalvleis



Vetkoek
Genoeg vir: sowat 15 groot vetkoeke
Bereidingstyd: 2 uur
Gaarmaaktyd: sowat 30 minute
•10 ml suiker...
•1 kg meel
•10 g kitsgis
•5 ml sout
•sowat 625 ml lou water
•15 ml sagte botter
•olie vir vlakbraai

SOET KERRIEMAALVLEIS
•500 g maalvleis
•15 ml olyfolie
•vleisspeserye, sout en peper
•15 ml borrie
•15 ml matige kerriepoeier
•’n opgehoopte lepel elk appelkooskonfyt en blatjang
•’n skoot asyn
1Meng die droë bestanddele. Maak ’n holte daarin en voeg die water en botter by. Roer so ’n bietjie met ’n skoon hand en sit vir sowat 20 minute in die lou oond. (Ek los gewoonlik dié stap uit en knie dadelik.)
2Knie goed tot glad en sag en sit die deeg in ’n skoon mengbak wat met ’n bietjie olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat staan vir 1 uur op ’n warm plek tot dubbel die grootte.
3Berei solank die maalvleis Braai die vleis in 15 ml olie tot bruin. Voeg die vleisspeserye, sout en peper by, gevolg deur die res van die bestanddele. Voeg sowat 200 ml warm water by en laat prut stadig vir sowat 30 minute tot geurig en gaar.
4Knie die deeg af en vorm bolle. Laat weer vir sowat 10 minute rys.
5Verhit die olie tot lekker warm. Braai die vetkoeke in sarsies tot goudbruin. Laat effens afkoel en vul met kerriemaalvleis.