Tuesday 21 February 2017

Oumas onder die kombers



Oumas onder die kombers
Genoeg vir: sowat 18 frikkadelle
Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute
...
• 30 ml elk botter en olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 duim vars gemmer, fyngerasper
• 1 dik sny witbrood
• 100 ml melk
• 700 g skaapmaalvleis
• 300 g varkmaalvleis
• 30 ml vars pietersielie, fyngekap
• sout en witpeper na smaak
• meel
• 18 koolblare
• neutmuskaat
• 150 ml vleisaftreksel

1Verhit die helfte van die botter en olie saam en braai die ui, knoffel en gemmer saam tot glansend. Laat dit effens afkoel. Week die brood in die melk tot sag en meng dit met die uimengsel. Voeg dit by die maalvleis en pietersielie, en meng. Geur na smaak met sout en peper. Vorm die mengsel in frikkadelle en rol dit in meel. Braai die frikkadelle in die oorblywende olie en botter tot lekker bruin aan die buitekant.
2Blansjeer die koolblare deur dit eers vir ’n minuut of twee in kookwater te dompel en daarna in yskoue water; dreineer en druk droog. Rol die frikkadelle versigtig in die blare toe en pak dit in ’n oondskottel. Besprinkel met neutmuskaat en giet die aftreksel oor. Bedek die skottel met foelie en bak vir 20 minute teen 180 °C. Verwyder die foelie en bak vir nog 10 minute sodat die frikkadelle ’n bietjie kleur kan kry.