Thursday, 16 February 2017

Spek-en-botterskorsie-koeskoesslaai



Spek-en-botterskorsie-koeskoesslaai
genoeg vir 4

• 250 g strepiespek (streaky)
• 1 middelslag-botterskorsie, in ringe gesny...
• 15 ml heuning
• 15 ml komyn
• 15 ml brandrissievlokkies
• sout en varsgemaalde
• swartpeper
• 60 ml olyfolie
• 500 ml koeskoes
• 2 takkies roosmaryn
• 30 ml botter
• 250 ml groente-aftreksel
• 250 ml kookwater
• 40 g gemengde slaaiblare

Verhit oond tot 200 °C. Plaas repe spek op ’n bakplaat en oondbraai sowat 15 minute tot gaar en bros. Plaas botterskorsie op ’n ander bakplaat en geur met heuning, komyn, rissievlokkies, sout en peper. Sprinkel olyfolie oor en oondbraai sowat 15 minute tot sag. Plaas koeskoes, roosmaryn en botter in ’n bak, gooi aftreksel en kookwater oor en bedek bak. Laat staan sowat 10 minute en roer met ’n vurk. Voeg botterskorsie, spek en gemengde blare by koeskoes en sit voor.

No comments:

Post a Comment