Thursday 16 February 2017

Kaas-en-mielie-viskoekies



Kaas-en-mielie-viskoekies
genoeg vir 4

• 400 g geblikte sardyne in tamatiesous
• hand vol pietersielie, gekap...
• 1 ui, fyngekap
• 125 g geblikte mielies
• 125 g cheddarkaas, gerasper
• 3 snye lae-GI-bruinbrood, fyngebreek
• sout en fyngemaalde
• swartpeper
• koekmeel om viskoekies in te rol
• 1 eier
• 100 g droë broodkrummels

Verhit oond tot 200 °C. Plaas sardyne, pietersielie, ui, mielies, kaas en fyngebreekte brood in ‘n mengbak. Meng goed deur en geur met sout en peper. Vorm viskoekies. Rol koekies in meel, doop in eier en rol dan in broodkrummels. Laat 10 minute in yskas rus. Pak viskoekies op bakplaat en bak sowat 20 minute tot bros.