Tuesday 21 February 2017

PYNAPPEL YSKASTERT



PYNAPPEL YSKASTERT
Kors:
1 Pakkie tennisbeskuitjies (fyngedruk)
100gr botter (gesmelt)
Meng bogenoemde en druk vas in ‘n tertpan....
Plaas in yskas terwyl jy die vulsel maak

Vulsel:
1 Blikkie kondensmelk
125ml (1/2 kop suurlemoensap)
1 (400gr) blikkie “crushed” pynappel (dreineer goed)
300ml room (styfgeklits)
Meng die kondensmelk en pynappel. Voeg die suurlemoensap by
Vou die room in
Gooi oor tertkors en versier met stukkies fyn tennisbeskuitjies
Sit in die yskas vir tenminste 3 ure of oornag