Tuesday 21 February 2017

GRANADILLA YSKASTERT



GRANADILLA YSKASTERT
1 Blik Ingedampte melk- oornag in yskas
1 pakkie suurlemoen jellie
1 blik granadella pulp
1 pak tennisbeskuitjies...

METODE:
Maak jellie aan met 1kop kookwater
Laat afkoel maar nie stol nie
Klits die ingedampte melk tot so skuimerig
Voeg jellie en pulp goed saam, en voeg die ingedampte melk ook by.
Plaas van die beskuitjies onder in glasbak(hou ‘n paar uit vir bo op strooi)
Gooi tertmengsel in bak
Krummel orige tennis beskuitjies bo oor
Laat staan in yskas vir 1uur.