Monday 16 January 2017

Tunaburgers



Tunaburgers
Genoeg vir: 4-6 burgers
Bereidingstyd: 35 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
...
• 2 aartappels, gaar, fyngedruk
• 15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
• 10 ml vars suurlemoensap
• 2 blikke (170 g elk) gevlokte tuna, gedreineer
• 1 bossie sprietuie, fyngekap
• 375 ml vars broodkrummels
• 1 rooi brandrissie, gekap (opsioneel)
• 80 ml mayonnaise
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 eiers, geklits
• 100 g droë broodkrummels
• olie vir braai
1 Meng die aartappels, suurlemoenskil, suurlemoensap, tuna, sprietuie, broodkrummels, brandrissie, mayonnaise en sout en swartpeper in ’n mengbak. Vorm die mengsel in viskoekies.
2 Doop die viskoekies in die geklitste eier en daarna in broodkrummels. Pak dit op ’n bakplaat en laat rus vir sowat 20-25 minute.
3 Verhit die olie in ’n braaipan en braai die hamburgerkoekies in ’n braaipan oor matige hitte tot alkant goudbruin.
4 Sit dit voor op hamburgerrolletjies saam met blaarslaai, tamatieskywe, dungesnyde uieringe en ’n lepel vol mayonnaise.
Wenk Maak jou eieknoffel- of suurlemoenmayonnaise vir die tunaburgers deur bloot 60 ml vars suurlemoensap by 125 ml mayonnaise te roer.Jykan selfs ’n bietjiefyngerasperde suurlemoenskil byvoeg. Of druk twee knoffelhuisies fyn en meng dit met 125 ml mayonnaise.
(Tuis)