Monday 16 January 2017

Rooibos-en-granaat-ystee



Rooibos-en-granaat-ystee

Lewer 2 liter
1,5 liter water
4 rooibosteesakkies
45 ml heuning
500 ml granaatsap
’n hand vol granaatpitte
’n hand vol vars kruisementblare
suurlemoenskyfies
ysblokkies
1. Sit die water en teesakkies in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Kook vir 5 minute en verwyder van die hitte.
2. Wanneer die tee lou is, verwyder die teesakkies en roer die heuning en granaatsap by. Gooi in ’n fles en verkoel in die yskas.
3. Bedien met die granaatpitte, kruisementblare, ’n skyfie suurlemoen en baie ys.
Wenk Pas die hoeveelhede aan na gelang van hoeveel gaste jy onthaal.