Tuesday, 31 January 2017

Spinasie-en-sampioen-quiche




 Spinasie-en-sampioen-quiche
(8 – 10 PORSIES)
155 g botter...
280 g (500 ml) koekmeel
45 ml water
45 ml olyfolie
2 uie, in ringe gesny

250 g spek, fyngekap
500 g groot bruin sampioene
300 g spinasie, grofgekap
hand vol tiemie, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
6 eiergele
1 heel eier
500 ml laevet-melk

Verhit oond tot 160 ˚C. Verwerk botter en meel in voedselverwerker tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Gooi water by en verwerk tot deeg vorm. Draai toe in kleefplastiek en verkoel vir 20 minute. Rol koue deeg uit tot 3 mm dik op meelbestrooide oppervlak. Voer ’n losboom-koekpan van 30 cm, gespuit met kleefwerende kossproei, met die deeg uit. Laat rus in yskas vir 20 minute. Prik die koue deeg met ’n vurk en bak blind (sien wenk) vir 10 minute of tot dit begin verkleur. Verwyder waspapier en bak kors tot goudbruin, sowat 10 minute. Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan. Voeg uie by en braai tot begin verbruin. Voeg spek by en braai tot goudbruin, sowat 5 – 8 minute. Kap helfte van sampioene grof en voeg by. Braai tot sag. Voeg spinasie by en braai vir sowat 5 minute of net tot sag en gemeng. Roer tiemie by en verwyder van hitte. Geur goed met sout en peper. Skep mengsel in gaar kors. Plaas res van heel sampioene bo-op. Meng eier en melk. Giet oor tert. Bak vir 40 – 45 minute of tot goudbruin en gestol. Laat afkoel en sit voor.

Wenk: Blind bak beteken jy voer die kors met waspapier uit en sit dan rou rys of bone daarin. Dit voorkom dat die kors rys terwyl jy dit bak. Jy kan die rys of bone bêre en weer gebruik.

No comments:

Post a Comment