Tuesday, 31 January 2017

BILTONG EN KAAS QUICHE



BILTONG EN KAAS QUICHE
4 – 6 porsies
1 x 400 g vel broskorsdeeg
100 g sterk cheddarkaas - grofgerasper
160 g gesnyde beesbiltong...
2 eiers
250 ml room
varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE:
Verhit oond tot 180 ° C.
Rol broskorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak dunner uit.
Voer ’n gesmeerde tertbord van sowat 18 cm uit met deeg.
Sprinkel kaas onderin tertbak en rangskik biltong bo op.
Klits eiers en room saam.
Gooi oor kaas en biltong en geur met peper.
Bak vir sowat 35 minute in warm oond.
Die eiermengsel moet gestol wees.
Jy kan die quiche warm of teen kamertemperatuur voorsit.
WENK: Klam biltong werk die beste.

No comments:

Post a Comment