Tuesday 31 January 2017

Maalvlies Skons



Maalvlies Skons

Maak maalvleis gaar met chutney, uie ens (eie keuse) Sorg dat jou maalvleis ‘n droogerige beslag is. Moenie te souserig wees nie....

Deeg:
Klits saam:
3/4 kop melk
3/4 kop olie
2 eiers
1 kop meel

3 teel bakpoeier
1/4 teel sout
1 teel Aromat
Meng alles goed saam
Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in
Skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar)
Skep dan weer vulsel op om die maalvleis te bedek
Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade)
Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap. Geniet…Heerlik ook as koud is.

(HENRIETTE WESSELS)