Tuesday 24 January 2017

Lemoenkoek sonder meel



Lemoenkoek sonder meel
Lewer 1 groot koek
Bereiding: 20 minute
Baktyd: 50-60 minute
...
KOEK
2 groot of 3 kleinerige lemoene
6 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
300 g fyn amandels
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) mielieblom
STROOP
250 ml (1 k) vars lemoensap
60 ml (4 e) strooisuiker of heuning
1 vanieljepeul of 3 kardemomsade

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n 23 cm-losboompan en voer die bodem met bakpapier uit.
1.KOEK Plaas die lemoene met skil en al in kookwater en kook tot goed sag. Dreineer, verwyder die pitte en kap baie fyn.
2.Klits die eiers en strooisuiker saam tot lig.
3.Meng die amandels, bakpoeier en mielieblom en vou om die beurt met die lemoene by die eiermengsel in.
4.Skep in die pan en bak sowat 50-60 minute tot goudbruin en gaar.
5.STROOP Kook die sap en suiker 10 minute saam met die speserye tot stroperig.
6.Prik gaatjies in die koek wanneer dit uit die oond kom en giet die warm sous oor.
7.Laat dit in die pan afkoel. Plaas op ’n dienbord. Sit voor met jogurt of mascarponekaas.