Tuesday 24 January 2017

Eierslaairolletjies




Eierslaairolletjies
Vir 4 | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 10 minute

Dik, Griekse jogurt maak hierdie rolletjies gesond en smaaklik. Boonop is kinders mal daaroor.
...
Jy benodig

• 4 eiers
• 4 repies spek
• 4 teelepels sprietuie, fyngekap
• 4-6 eetlepels Griekse jogurt
• 1 eetlepel gegeurde mayonnaise van jou keuse
• 1 teelepel Dijon-mosterd
• sout na smaak
• gemaalde swartpeper na smaak
• 1 koppie blaarslaai, gekap
• 4 groot wraps

Só maak jy

1. Kook eers die eiers hard en dompel in yswater om af te koel. Dop die eiers af sodra dit koel genoeg is en kap dit in blokkies.

2. Braai die spekrepies bros, dreineer dit deeglik op kombuispapier en kap dit fyn.

3. Meng die eier, spek, sprietuie, jogurt, mayonnaise en mosterd liggies saam. Proe, en geur na smaak met sout en peper.

4. Skep van die eiermengsel oor die lengte van elke wrap en strooi dan ’n lagie blaarslaai oor. Rol dit styf op en sny elke wrap in 4 gelyke dele. Draai die rolletjies in waspapier toe en eet dit binne 24 uur.