Tuesday 31 January 2017

Geroosterde groente quiche



Geroosterde groente quiche
Resep (aangepas) uit Cooking from the heart 2
Lewer 12-15 porsies
...
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
30 ml (2 e) balsamiese asyn
15 ml (1 e) gedroogde gemengde kruie
2,5 ml (½ t) sout
suurlemoensap en swartpeper na smaak
2 uie, in wiggies gesny
3 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
2 wortels, in diagnole skyfies gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny
3 groot spinasieblare, in repe gesny of 1-2 handevol baba spinasieblare
1 skyf fetakaas, gekrummel
3 eiers, geklits
150 ml melk
handvol sonneblomsaad
1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng olie, asyn en gedroogde kruie in ’n groot mengbak. Geur na smaak met sout, suurlemoensap en peper.
2. Voeg al die groente, behalwe die spinasie by en meng om die groente met die olie te bedek. Plaas in ‘n enkellaag op ‘n bakplaat, uitgevoer met GLAD se Bake and Cooking paper.
3. Rooster 20 minute of tot die groente goudbruin en gaar is. Roer die spinasie en feta by en rooster nog 5 minute of tot deurwarm.
4. Voer ‘n muffinpan met GLAD Bake and Cooking Paper uit, deur die papier in klein vierkante te sny en voer elke muffin-holte met die bakpapier uit. Skep groentemengsel in die holtes.
5. Klits eiers en melk saam and skink oor groente. Strooi sonneblomsaad oor en bak 15-20 minute of tot gestol. Laat afkoel en pak in ‘n kosblik.
(Heleen Meyer)