Tuesday, 24 January 2017

Biltong En CheddarKaas Jaffels




Biltong En CheddarKaas Jaffels
Genoeg vir 4

8 snye witbrood
45 g (50 ml) sagte botter...
150 g cheddarkaas, gerasper
200 g gesnyde beesbiltong

1. Smeer elke sny brood aan die een kant met sagte botter.
2. Sit ’n sny brood in ’n jaffelpan, gesmeerde kant na onder.
3. Plaas cheddarkaas bo-op en dan biltong.
4. Plaas nog kaas bo-op en maak toe met tweede sny brood, gesmeerde kant na buite.
5. Maak toe en sny oortollige brood af.
6. Plaas pan op warm plaat en braai sowat 3 minute.

Draai om en braai nog sowat 3 minute of tot bros en goudbruin.

No comments:

Post a Comment