Tuesday 1 November 2016

Vinnige bolognese




Vinnige Bolognese
(4 porsies)
• 45 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, gekap (opsioneel)...
• 1 ui, fyngekap
• 400 g wors van jou keuse
• 60 ml tamatiepasta

• 250 ml rooiwyn
• 1 x 400 g-blik tamaties
• 1 hand vol basilie
• 300 g penne-pasta
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 100 g parmesaan
Verhit olyfolie tot warm in middelslagpan. Voeg knoffel (indien gebruik) en ui by. Braai liggies vir 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Gebruik ’n skerp mes en sny die omhulsel van worsies oop. Skep maalvleis uit en voeg by warm pan. Roerbraai vir 5 – 8 minute of tot maalvleis bruin is. Voeg tamatiepasta, rooiwyn en blik tamaties by. Verlaag hitte en laat prut vir 10 minute. Terwyl sous kook, maak penne volgens verpakkingsaanwysings gaar en dreineer. Roer basilie by warm sous. Voeg gaar penne by en meng goed. Geur met sout en peper. Gebruik groenteskiller en maak parmesaanskaafsels. Sit warm pasta voor met parmesaan-skaafsels.