Thursday 17 November 2016

Spanpek, Komkommer en Spek Voorgereg




Spanpek, Komkommer en Spek Voorgereg
20 repies (sowat 200 g) ontbytspek
3 spanspekke, geskil en in skywe gesny...
‘n halwe Engelse komkommer, ontpit en in blokkies opgekap
30 ml olyfolie, of maak jou eie heuning-mosterdsous
sout en vars gemaalde swartpeper

Stel die oond op 200 °C. Plaas die spek op ‘n bakplaat en bak tot bros — sowat 10 tot 15 minute.
Plaas die spanspek en komkommer in ‘n groot bak. Sprinkel die olyfolie oor. Geur met sout en peper. Verdeel tussen 10 borde en plaas die ontbytspek bo-op.
(Jammer ek kon nie 'n foto kry nie)