Wednesday 23 November 2016

SJOKOLADELIKEUR




SJOKOLADELIKEUR
Lewer 600 ml likeur
300 ml witsuiker
300 ml water
500 ml brandewyn ...
10 ml vanielje
1 ml amandelgeursel
30 ml kakao, opgelos in 'n bietjie kookwater
Plaas die witsuiker en die water in 'n kastrol en verhit, terwyl gedurig geroer word.
Laat kook tot 'n dik stroop, ongeveer 6 minute lank.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Giet uit in 'n skoon bottel of fles, draai die deksel toe en
bêre in 'n donker plek. Bêre sowat 2 weke lank voordat jy die likeur voorsit.