Tuesday 29 November 2016

Saamgeperste pastrami-broodjies met uie-marmelade





Saamgeperste pastrami-broodjies met uie-marmelade
(4 porsies)
30 ml olyfolie
6 uie, in ringe gesny
80 ml heuning...
60 ml balsemasyn
4 broodrolletjies
30 ml botter
45 ml mosterd

125 g pastrami (sowat 8 snye)
30 g roketblare
150 g verouderde cheddarkaas
60 ml mayonnaise van goeie gehalte
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit olyfolie in ‘n groot pan en braai uie tot deurskynend en bruin. Voeg heuning en balsemasyn by. Verlaag hitte en laat vir sowat 20 minute stadig prut tot taai. Sny broodrolletjies in die helfte en hol uit. Smeer elke helfte met botter en met mosterd. Verdeel die pastrami, roket, kaas en mayonnaise tussen die broodrolletjies. Geur goed met sout en peper. Plaas op ‘n bakplaat en draai toe met kleefplastiek. Sit nog ‘n bakplaat bo-op. Sit iets swaars daarop soos blikkies tamatie en laat vir sowat 1 uur in die yskas afkoel. Draai elke broodjie in bakpapier toe en sit voor saam met die uiemarmelade.