Tuesday 29 November 2016

Frikkadel-broodjie




Frikkadel-broodjie
(5 – 6 frikkadelle)
1 sny volkoringbrood, korsies verwyder
100 ml koue water
500 g maalvleis...
1 eier
25 g pietersielie, fyngekap
70 g pecorino-kaas, gerasper

1 knoffelhuisie, fyngedruk
15 ml wit asyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas brood in ’n bak en gooi die water oor. Laat die brood week tot dit sag is. As daar oortollige water is, moet dit nie afgooi nie. Plaas maalvleis in ’n mengbak en voeg geweekte brood by. Meng goed deur. Voeg res van die bestanddele by en geur met sout en swartpeper. Vorm die frikkadelle – soos balle – met jou hande en plaas in ’n oondbak. Bak vir sowat 30 – 40 minute. Laat afkoel en hou in die yskas.
Maak jou broodjie só
(vir 1 broodjie)
volkoringrolletjie met pampoenpitte bo-op
botter om die broodjie te smeer
’n paar vars spinasieblare
1 tamatie, in skywe gesny
30 ml mayonnaise
15 ml korrelmosterd
1 frikkadel
Smeer oopgesnyde broodrolletjie met botter. Plaas spinasieblare op die een helfte en sit die gesnyde tamatie bo-op. Meng mayonnaise en mosterd. Sny die frikkadel in skywe, pak dit op die tamatie en smeer mayonnaise-mosterd-mengsel bo-op. Maak toe met die boonste helfte van die rolletjie. Sit kleefplastiek oor die broodjie om dit vars te hou.