Wednesday, 23 November 2016

Lamsboud met kruisement-jogurt




Lamsboud met kruisement-jogurt
(6 porsies)
2 mediumgroot lamsboude
12 knoffelhuisies
100 ml olyfolie...
750 ml rooiwyn
6 roosmaryntakkies, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
500 ml Griekse jogurt
hand vol kruisement, gekap
12 pita-brode, gerooster tot warm

Bind lamsboude met kombuistou vas sodat dit hul vorm behou. Druk 6 gate per boud met ‘n skerp mes en druk knoffelhuisies daarin. Meng olyfolie, rooiwyn en roosmaryn. Gooi oor lamsboud en laat marineer oornag. Kry kole reg tot medium-hitte. Plaas lamsboude op rooster oor kole en geur goed met sout en swartpeper. Braai stadig vir omtrent 2 uur. Smeer gedurig van die marinade op die vleis terwyl dit braai. Meng jogurt en kruisement en geur goed met sout en swartpeper. Sit warm lam voor saam met jogurt en geroosterde pita-brode.