Wednesday 23 November 2016

Brownie-en-bessie-trifle




Brownie-en-bessie-trifle
(6 porsies)
100 g suiker
500 g bevrore gemengde bessies
1 x 250 g-houer mascarpone-kaas...
30 ml versiersuiker
10 ml vanieljegeursel
8 x 175 g-brownies
150 ml sjerrie
1 x 250 ml-houer room
100 g donkersjokolade, fyngekap

Plaas suiker en bessies in ‘n mediumgroot pot en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat stadig prut tot bessies ontvries is en stroop gevorm het, sowat 10 minute. Meng mascarpone, versiersuiker en vanielje. Verdeel 1 brownie tussen 8 glase van jou keuse. Sprinkel ‘n bietjie sjerrie oor. Skep 1 lepel mascarpone-mengsel opgevolg deur bessies. Hou so aan met res van bestanddele tot al die glase vol is. Eindig met brownie. Klits room tot sagte punte vorm en verdeel tussen glasies. Sprinkel gekapte sjokolade oor en sit voor.