Tuesday 29 November 2016

Eiermuffins vir ontbyt




Eiermuffins vir ontbyt
1 pak repiespek (nie rugspek nie)
6 eiers
500 ml cheddar kaas - gerasper ...
Spray and cook
sout en peper

Verhit oond tot 180 grade
Breek die eiers in 'n megbak (1 eier per muffin) en klits goed saam
Voeg sout en peper na smaak by
Voeg die kaas by en meng saam
Spuit muffinpanne baie goed met Spray & Cook
Druk 'n repie spek teen die kant van elke holte van die muffinpan - net teen die kante
Skep die eiermengsel met kaas in elke holte
Bak in oond 25-30 min
LET WEL: Die eiermuffins val bietjie plat sodra dit begin afkoel