Tuesday 8 November 2016

BÊREBONESLAAI




BÊREBONESLAAI (15 porsies)
Hierdie slaai laat jou aan die driebone slaai dink, maar die sousie is baie lekkerder!!!

SLAAISOUS
60ml canola olie...
60ml appelasyn
125ml rooibostee of water
15ml paprika
15ml fyn komyn
5ml fyn koljander
5ml kaneel
45ml bruinsuiker
30ml gerasperde suurlemoenskil
80ml koljanderblare gekap
20-30 ml mentblare gekap

SLAAI
1-2 uie gekap
1 rooi of groen soetrissie in stukkies gesny
Klein bietjie olie
4 blikkies vierbonemengsels gedreineer
250g groenbone geblansjeer

Slaaisous: Meng al die bestandele en bring tot kookpunt in ‘n kastrolletjie.

Slaai: Braai die uie en soetrissie vinnig in ‘n bietjie olie tot net sag. Voeg saam met die bone by die saaisous, kook vinnig op en skep in gesteriliseerde bottels. Hou in die yskas.